Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Bitterbessie Dagbreek" deur INGRID JONKER
"Bitterbessie Dagbreek" deur INGRID JONKER [boodskap #16921] Tue, 18 August 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2173
Geregistreer: May 1997
Karma: 0
Senior Lid
BITTERBESSIE DAGBREEK
Ingrid Jonker

Bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
'n spieël het gebreek
tussen my en hom

Soek ek na die grootpad
om daarlangs te draf
oral draai die paadjies
van sy woorde af

Dennebos herinnering
dennebos vergeet
het ek ook verdwaal
trap ek in my leed

Papegaai-bont eggo
kierang kierang my
totdat ek bedroë
weer die koggel kry

Eggo is geen antwoord
antwoord hy alom
bitterbessie dagbreek
bitterbossie son
Vorige onderwerp: "Digter in sy Slaap Oorlede" deur LINA SPIES
Volgende onderwerp: "Somer in Johannesburg" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Dec 23 02:04:53 UTC 2024